top of page
shepherd.jpg

Leiers maak opofferings.

Leierskap Brokkie 087

Johannes 10:11
“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape."

Daar is hordes definisies vir leierskap. Google dit gerus en jy sal sien. Een leierskap eienskap staan soos 'n paal bo al die ander uit. Dit is waarom Jesus die GROOTSTE Leier van alle tye was en sal bly.

"Leierskap is om jou lewe vir jou mense af te lê."

Gebed

"Here Jesus, U lewe is afgelê sodat ek kan lewe. Dankie Vader dat U die wêreld so liefgehad het, dat U bereid was om Jesus vir ons te gee.
Ek het nog so baie om te leer. Help my Here.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen."

Hoeveel is jy bereid om vir jou klas, jou personeel, jou gemeente, jou mense af te lê?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page