top of page
shepherd.jpg

Jesus het oorvloed (weiding) om aan te bied.

Leierskap Brokkie 086

Johannes 10:10
"'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed."

Op die knersvlakte en in die Boesmanland is weiding bitter skaars. Skaap boere het reuse plase en trek die troppe heeltyd rond om weiding vir hulle te kry. Hier in NZ is ek verstom oor die hoeveelheid beeste op 'n klein lappie grond. Hier is baie weiding.

Gebed

Here Jesus, u is voorwaar die Goeie Herder wat ons na groen weivelde en na waters waar rus is lei. By U is altyd genoeg. Ons het lewe, ons het oorvloed. Help ons om as leiers dit met ander mense te deel wat honger is na U.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Ek weet jy het oorvloed, die vraag is - is jy besig om dit met ander te deel?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page