top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 084
Johannes 10:4
"Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken."
In die weermag is daar altyd gespot met die frase: "Storm manne, ek is reg agter julle". Leiers is mense wat voorloop, wat baanbrekers werk doen, wat rigting gee, wat eerste daar is om iets te doen.
Jesus is die Goeie Herder. Ons volg Hom omdat Hy voorloop.
Gebed
Here Jesus, u is die Goeie Herder en u loop voor ons - ons volg u graag. Help ons om dieselfde vir ons mense te doen.
Ek bid dit in u Naam.
Amen.
Is jy 'n voorloop leier?
Vraag van die dag
bottom of page
