top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 083
Johannes 10:3
"Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit."
Dis so mooi om te hoor as 'n boer vir sy beeste, of skape name gee. Rooies, of Blommetjie, ens... Dit laat jou spesiaal voel as iemand jou naam gebruik wanneer hulle met jou praat.
Die dissipels se name is gelys en oral in Paulus se briewe sien ons hoe dat hy groete aan mense op hulle name stuur.
Gebed
Vader, ek dink aan die Skrif in Jesaja waar U sĂȘ "Ek het jou by jou naam geroep, jy is Myne". Dankie dat u elkeen van ons by die Naam ken.
Amen.
Doen jy moeite om jou personeel of gemeentelede se name te leer ken?
Vraag van die dag
bottom of page
