top of page
shepherd.jpg

Jesus se volgelinge sal soms ook vervolg word.

Leierskap Brokkie 081

Johannes 9:34
"Hulle sê toe vir hom: “Jy is van jou geboorte af die ene sonde, en wil jy ons staan en leer?”
En hulle het hom uitgeban."

Ek onthou hoe kerke lidmate onder sensuur geplaas is en ander kerke as "sektes" beskou is omdat hulle oor sake verskil het. In die Midde-Ooste word Christene onthoof vir hulle geloof. By jou werk skuif mense jou eenkant en in skole word kinders gespot omdat hulle opstaan vir Jesus.

Gebed

Here Jesus, help ons om nie kompromieë te maak vir dit wat reg is nie. Ons wil u voorbeeld volg. Ons bid dit in U Naam.
Amen.

Is jy bereid om by jou beginsels te bly, of gee jy maklik in?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page