top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 080
Johannes 9:25
"Daarop het hy gesê: “Of hy 'n sondaar is, dit weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek.”
Op kweekskool was 'n student wat altyd die frase gebruik het: "Feite manne, net die feite". Hy was baie dramaties en het dan so op sy voorarm geslaan met sy vingers as hy die woord "feite" sê.
Mense kan debatteer, wetenskaplikes het baie teorieë en selfs teoloë kan nie alles in die Bybel verklaar nie. Die resultate spreek egter vanself.
Gebed
Here Jesus, ons bewonder U. Al sê mense wat ook al van u, sien ons die resultate. Lewens word nuut gemaak, U gee hoop, U vergewe, U gee lewe, U genees en herstel. Ons vertrou u.
Amen.
Wat moet nog gebeur voordat jy met daai nuwe projek begin?
Vraag van die dag
bottom of page
