top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 079
Johannes 9:6-7
"En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man en sê vir hom: Gaan was jou."
Innoveerders, leiers en baanbrekers slaag gewoonlik omdat hulle iets doen wat niemand nog ooit voorheen gedoen het nie. Ander kere doen hulle iets op so 'n onkonvensionele manier, dat dit mense se oë laat rek.
Natuurlik was Jesus se krag nie in die klei of sy spuug nie, tog genees Hy genees hierdie blinde man op 'n heel onkonvensionele manier.
Gebed
Here, help ons om nuut en vars te dink. U is die Skepper wat alles weet en alles mooi gemaak het. Ek bid vir iemand wat hierna luister en op die randjie van 'n nuwe ontdekking staan. Help hulle Here.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Wat keer jou om buite die boks te dink en iets aan te pak wat niemand nog gedoen het nie?
Vraag van die dag
bottom of page
