top of page
shepherd.jpg

Jesus benut die oomblik.

Leierskap Brokkie 078

Johannes 9:4
"So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie."

Carpe Diem is 'n Latynse frase wat letterlik beteken om "die dag te pluk". Ons vertaal dit in Engels met "sieze the moment", of dan benut die oomblik.
Jy loop al lank met 'n idee, iemand wat jy moet bel, of gaan sien - hoe lank gaan jy nog uitstel?

Gebed

Vader, u het vir elkeen van ons 'n spesifieke werk gegee om te doen. Dankie vir wonderlike geleenthede, mense, toerusting en opleiding. Help ons om elke oomblik wat u vir ons gee raak te sien en dit tot eer van u te benut.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.

Wat keer jou om daai groot stap te neem waaroor jy al jare loop en wonder?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page