top of page
shepherd.jpg

Jesus het die vermoë gehad om moeilike kwessies op te los.

Leierskap Brokkie 077

Johannes 9:3
"Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word."

Hoekom is my kind dood? Hoekom het ek my werk verloor? Waarom het die ongeluk gebeur? Almal van ons het al sulke vrae gevra om net nooit 'n antwoord te kry nie.

Jesus se antwoord ontlont die situasie as Hy sê "die werke van God moet in hom openbaar word".

Gebed

Here Jesus, in almal van ons se lewens het goed gebeur wat ons nooit sal verstaan nie. Ons stoei met onsself, selfs met u ook. Help ons Here om berusting by U te vind, want U weet die beste.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Wat is daardie een vraag waarmee jy al soveel jare stoei om 'n antwoord te kry?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page