top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 076
Johannes 9:2
"En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?"
Wat is die moeilikste vraag wat jou kinders al ooit vir jou gevra het? Jip, ek is seker elkeen van julle onthou. Die maklikste antwoord is gewoonlik "gaan vra vir Mamma".
Ter loops - wanneer dit 'n opregte vraag was, het Jesus 'n antwoord gegee. Wanneer dit moeilikheid makers was, het Jesus dikwels met 'n teen vraag geantwoord.
Gebed
Here, ons het nie antwoorde vir al die vrae wat van ons gevra word nie. Help ons om op ons voete te kan dink. Leer ons om te kan onderskei watter vrae opreg is.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Dink jy dit is nodig om alle vrae wat vir jou as 'n leier gevra word, te antwoord? Hoekom, of hoekom nie?
Vraag van die dag
bottom of page
