top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 075
Johannes 8:58-59
Jesus het hulle geantwoord: “Dít verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is.”
Hulle het toe klippe opgetel om Hom daarmee te gooi. Maar Jesus het gaan skuil en van die tempel af weggegaan.
Jesus plant die finale uitklophou in sy debat met die Jode - "voodat Abraham was, IS EK". Hulle weet presies wat Hy daarmee bedoel en dit ontstel hulle so, dat hulle Hom met klippe wil doodgooi.
Met hierdie stelling plaas Jesus Homself gelyk met God wat vir Moses gesê het "EK IS".
Gebed
Jesus Christus, U is die Here van die here en die Koning van die konings. Ons bewonder U. Ons buig voor u as God en Skepper.
Amen.
In plaas van 'n vraag, moedig ek jou aan om Jesus saam met my te aanbid. Sê dit vir Hom hardop: "Here Jesus, u is die Koning van die konings en die Here van die here."
Vraag van die dag
bottom of page
