top of page
shepherd.jpg

Jesus vertrou God om die waarheid te ontbloot en te bevestig.

Leierskap Brokkie 074

Johannes 8:53-54
Jy is tog nie groter as ons voorvader Abraham wat gesterf het nie? En die profete het gesterwe. Wie verbeel jy jou is jy?”
Maar Jesus antwoord: “As Ek Myself verheerlik, beteken my heerlikheid niks. Dit is my Vader wat My verheerlik. Julle sê: ‘Hy is ons God,’

“The truth is like a lion; you don't have to defend it. Let it loose; it will defend itself.” ... Augustinus.

Jesus se teenstanders beskuldig Hom van allerhande valshede en vra Hom selfs: "Wie dink jy is jy?"
Jesus bly koel en kalm en vertrou Sy Vader om Self die waarheid te bevestig.

Gebed

Here Jesus, soos U, is ons reputasie in die Vader se hande. Ons wil by u leer om rustig en kalm te bly in sulke plofbare situasies. Leer ons Here.
Ek bid dit in U Naam."
Amen.

Probeer jy met alle mag en mening jou reputasie verdedig, of is jy gemaklik daarmee om dit in God se hande te los?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page