top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 073
Johannes 8:51
Dít verseker Ek julle: As iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.”
Ons het almal al in baie direksie-, kerkraad en allerhande vergadering gesit. Dit is baie frustrerend wanneer 'n saak bespreek word en niemand 'n besluit neem nie.
Jesus debateer met die kerkleiers. Hy vermy nie die kwessie wat ter sprake is nie, inteendeel - Hy vra dat 'n besluit geneem word oor die kwessie.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U helder en duidelik met ons praat. Dankie dat U 'n duidelike besluit van ons vra wanneer dit oor U as Persoon gaan. Help ons om duidelik met mense te praat. In U Naam bid ek dit.
Amen.
Verstaan jou personeel, gemeente, kinders, familie wat jy vir hulle sê, of veroorsaak dit net 'n klomp onsekerheid?
Vraag van die dag
bottom of page
