top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 071
Johannes 8:48-49
Die Jode het toe vir Hom gesê: “Ons het mos gesê jy is 'n Samaritaan en van die duiwel besete!”
Jesus het geantwoord: “Ek is nie van die duiwel besete nie, maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.
Ek is al met allerhande frases beskinder en sleg gesê. Die mees onlangse ene was "hy is 'n sekte leier wat een of ander seperatistiese beweging gaan begin."
Maar nog nooit het iemand vir of van my gesê wat hulle hier van Jesus sê nie. "Jy is 'n Samaritaan en van die duiwel besete", was die laagste moontlike vorm van belediging. Jesus antwoord hulle reguit en duidelik.
Gebed
Here Jesus, ek bewonder u kalmte in sulke gespanne situasies. Dit leer my dat u vir niemand bang was nie en dat u seker was van u identiteit.
Help my om reguit en duidelik te wees in sulke konfrontasie situasies.
In U Naam bid ek dit.
Amen.
Hoe kan jy jou vermoë ontwikkel om reguit en duidelik te wees in konfrontasie situasies?
Vraag van die dag
bottom of page
