top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 070
Johannes 8:10-11
“Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” Niemand nie, Here,” sê sy.
Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
In Engels is hierdie vers so mooi: "Neither do I condemn you. Go and sin no more".
Jesus veroordeel nie, maar sy genade is nie goedkoop nie. Hy stel 'n baie hoë standaard en sê: "Go and sin no more".
Gebed
Vader, dankie vir U groot genade. Dankie dat U my vergewe het. Help my om U hoë standaard uit te lewe en heilig te lewe."
In Jesus se Naam bid ek dit.
Amen.
Hoe kan jy hoë standaarde stel sonder om genadeloos te wees?
Vraag van die dag
bottom of page
