top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 069
Johannes 8:10-11
“Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” Niemand nie, Here,” sê sy.
Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
Ford Taylor van Transformational Leadership sê altyd: "There is always something about someone else that you don't know".
Mense skei, los hulle kinders, verlaat die land, ry voor jou in, bedank, of wat ook al. Op die oog af lyk dit dwaas. Moenie te gou gevolgtrekkings maak nie, want jy weet nie alles nie.
Gebed
Vader, u alleen sit op die Troon. U deel daardie posisie met U Seun Jesus Christus. Net U en U alleen het die reg om te oordeel.
Help ons om u voorbeeld van genade te volg.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Wat kan jy vandag doen om jou kritiese gesindheid oor ander mense te verander?
Vraag van die dag
bottom of page
