top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 068
Johannes 8:10
"Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”
Kom ons wees nou maar eerlik - daar is party mense saam met wie ons liewer nie gesien wil word nie, of hoe? Dit kan dalk net 'n slegte refleksie wees op ons beeld.
Dit was glad nie die geval by Jesus nie. Hy gesels openlik met die vrou by die put en met hierdie vrou wat in egbreuk betrap is.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U uself met My assosieer. Dankie dat u Uself nie vir ons geskaam het nie.
Help ons om dieselfde te doen en nie begaan te wees oor ons eie beeld nie.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Dink aan jou personeel, gemeente, kollegas en mense in jou buurt - is jy kieskeurig wanneer dit kom by mense met wie jy jouself assosieer?
Vraag van die dag
bottom of page
