top of page
shepherd.jpg

Jesus is die Enigste Een wat klippe mag gooi, maar Hy doen dit nie.

Leierskap Brokkie 067

Johannes 8:7
Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”

Beskuldigende vrae reën onophoudelik op Jesus af.

Hy is die Enigste Een met 'n skoon gewete, met die reg om klippe te gooi. In plaas van klip gooi, gee Hy hoop.

Gebed

Here Jesus, nes hierdie mense, loop ons met sakke vol klippe, reg om te gooi. Vergewe ons Here. Vandag kies ons om eerder hoop te bring as om klippe te gooi. Ek bid dit in U Naam, amen."

Is jy bereid om jou sakkie klippe vir 'n pleister van hoop te verruil?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page