top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 066
Johannes 8:5-6
Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?”
Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe.
Het jy al iets gesê en die oomblik wat jy dit gesê het, weet jy dit was 'n fout? Ek het dit al baie gedoen en dan gewens ek kon dit terugtrek.
Jesus reageer nie dadelik nie. Baie mense het al gespekuleer oor wat hy op die grond geskryf het - dalk was dit die name van 'n paar vroue... Jesus het Hom nie deur sy teenstanders laat uitlok nie.
Gebed
Vader, u wysheid en voorbeeld is duidelik in u Seun Jesus se lewe sigbaar. Help ons om stadig te wees voordat ons antwoord. Help ons om eers mooi te hoor wat u sê voordat ons moeilike vrae beantwoord. Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Wat kan jy doen wanneer jou kinders, kollegas, personeel, of kliëte jou uitlok?
Vraag van die dag
bottom of page
