top of page
shepherd.jpg

Jesus se opponente wou sy siening toets.

Leierskap Brokkie 065

Johannes 8:3
En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het 'n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.

"Dominee, so wat dink jy van..." En dit kan enigiets insluit van jou siening oor Covid-19 tot die Halaal Stempel op kos. Shoe, dit verg nogal wysheid en takt om tussen almal se menings en veral die beskikbaarheid van inligting, antwoorde te gee. Die veiligste vir my is: "Wat sê die Woord".
Die manier waarop Jesus hierdie insident met die vrou wat in egbreuk betrap is hanteer, het sommer 'n hele paar lesse wat ons kan leer.

Gebed

Here Jesus, baie mense het vandag baie vrae. Die wêreld is vol verwarring. Help ons om antwoorde by u te kry. Help ons om mooi te hoor wat u vir ons sê.
In U Naam bid ek dit.
Amen.

Hoe laat dit jou voel wanneer jou personeel, kinders, gemeente en mense in die algemeen, ingewikkelde vrae vir jou vra?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page