top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 064
Johannes 8:2
Die volgende môre vroeg was Hy weer in die tempel en die hele volk het na Hom toe gekom. Hy het gaan sit en hulle geleer.
Jy kan net gee wat jy het. As jou tenk leeg is, het jy niks om te gee nie. Bye soek nektar by die blomme wat genoeg het om te gee en die drinkgat met die beste water het die meeste diere in die Wildtuin.
Jesus het mense getrek omdat Hy gereeld tyd met sy Vader spandeer het. Hy het altyd vars brood gehad om aan te bied en niemand kan vars brood weerstaan nie, of hoe?
Gebed
Vader, soos Jesus, wil ons mense na u toe trek. Dankie dat tyd saam met u ons tenk vol maak sodat ons weer vir ander kan uitdeel. In Jesus se Naam bid ek dit. Amen.
Waar kry jy die beste inspirasie om met jou personeel, gemeente, kollegas of huis-mense te deel?
Vraag van die dag
bottom of page
