top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 063
Johannes 7:53 en 8:1
Hierna is hulle elkeen na sy huis toe, maar Jesus het na die Olyfberg toe gegaan.
Daar is net iets anders aan 'n berg, veral bo op 'n berg. Dalk voel ons nader aan God op 'n berg. Dawid roep ook uit: "Ek slaan my oë op na die berge..." My beste herinneringe van ontmoetinge met God, was bo op 'n berg.
Daar staan nie in die betrokke Skrif wat Jesus op die Olyfberg gaan doen het nie, ons kan maar net afleidings maak. Dalk was Hy by Getsemané aan die voet van die Olyfberg, of dalk het Hy opgeklim om tyd met Sy Vader te spandeer?
Gebed
Here Jesus, hier waar ek nou bid, verlang ek na 'n bergtop ontmoeting met U. Ek bid vir elkeen wat nou luister - maak ons honger en begerig om tyd te maak om met u te ontmoet.
In U Naam bid ek dit.
Amen.
Wanneer laas was jy bo op 'n berg met die doel om met God te ontmoet?
Vraag van die dag
bottom of page
