top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 062
Johannes 7:29
Ek ken Hom, omdat Ek van Hom af kom en Hy My gestuur het.”
Onthou julle vir Simba in Lion King. In een toneel brul hy maar daar kom net so 'n piep geluid van 'n welpie uit. Hy probeer weer brul en dan dreun die aarde omdat dit sy pa Mufasa is wat brul.
Jesus het presies geweet wie Hy is, waar Hy vandaan kom en in Wie se krag Hy optree
Gebed
Here Jesus, in u Naam is daar onbeperkte krag. U gee ons 'n mandaat om op te tree, te preek, te werk, ons kinders groot te maak, welvaart te skep en tot u eer te lewe.
Help ons om alles in U Naam te doen.
Amen.
Besef jy hoeveel outoriteit tot jou beskikking is wanneer jy in Jesus se Naam begin werk, beplan, optree en lewe?
Vraag van die dag
bottom of page
