top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 061
Johannes 7:18
Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig, en daar is niks oneerliks in Hom nie.
Julle onthou sekerlik vir Moham Ali. Soos baie Amerikaanse boksers, het hy maar redelik GROOT KOP gehad. Onthou julle hoe hy altyd gesê het: "I am the greatest"?
Jesus het altyd seker gemaak dat almal mooi verstaan dat Hy net die eer van sy Vader soek. Sy hele bediening op aarde was eintlik soos 'n spieël - Hy het heeltyd al die eer wat mense vir Hom wou gee na die Vader terug weerkaats.
Gebed
Vader, net soos U Seun Jesus, gee ons aan u al die eer. Alles wat ons is, alles wat ons het, alles wat ons doen - alles kom van u en behoort aan u. Ons eer u en soek net die eer van U wat ons gestuur het.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Dalk het jy al baie reggekry in jou besigheid, in jou gesin, gemeente of dalk op die sportveld - wie kry die eer daarvoor?
Vraag van die dag
bottom of page
