top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 059
Johannes 7:7
"Die wêreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is."
My enkele grootste swakheid en vrees is "wat gaan die mense dink".
Sê nou net ek maak iemand kwaad,
of,
sê nou net hulle hou nie meer van my nie,
of,
sê nou net ek beland in die moeilikheid.
Jesus het openlik en reguit die boosheid van die wêreld uitgewys sonder om mense, of selfs die regering te vrees.
Gebed
Vader, leer my hoe om u eerder as mense te gehoorsaam. Leer my hoe om vreesloos U Woorde te praat en nie bang te wees vir wat mense gaan dink of sê nie. Ek wil Jesus se voorbeeld volg.
Amen.
Wat is daar in jou eie lewe, in jou gesin, by jou werkplek of in jou skool, wat jy moet aanspreek?
Vraag van die dag
bottom of page
