top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 058
Johannes 7:6
"Jesus sê toe vir hulle: “Vir My het die tyd nog nie gekom nie..."
Mnr. Brink, ons krieket afrigter op skool, het op 'n keer vir my gesê: "Marcel, jou natuurlike tydsberekening is so goed, dat dit opmaak vir jou gebrek aan tegniek". Jy sien, ek het presies geweet waar die kolf se "sweetspot" sit om 'n goeie hou te slaan.
Jesus het geduldig bly wag en Hom nie deur mense laat aanjaag nie.
Gebed
Here Jesus, help my om geduldig te bly wag totdat U perfekte oomblik of geleentheid aanbreek. Help my om dit dan raak te sien en saam met u te werk.
In U Naam bid ek dit.
Amen.
Is jy geduldig genoeg om te bly wag vir die regte oomblik, daai "sweetspot" moment wat nie veel energie verg nie?
Vraag van die dag
bottom of page
