top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 057
Johannes 7:3-5
Jesus se broers sê toe vir Hom: “Gaan 'n bietjie hiervandaan na Judea toe dat jou dissipels daar ook die wonderdade kan sien wat jy doen. 'n Mens wat oral bekend wil wees, doen nie iets in die geheim nie. Aangesien jy dan hierdie dinge doen, maak jou openlik aan die wêreld bekend.” Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie.
Sommige leiers van vandag het "beeld-poetsers", Facebook bladsye met x-aantal volgelinge en 'n Twitter rekening met miljoene wat alles opslurp wat hulle tweet.
Dit was glad nie vir Jesus belangrik om bekend te wees nie. Vir Hom het wonderdade nie getel om sy profiel te verbeter nie.
Gebed
"Vader, vergewe ons dat ons so graag raakgesien wil word. Help my om so te lewe dat dit net vir my belangrik is om deur u raakgesien te word. Ek bid dit in Jesus se Naam. Amen.
Hoe belangrik is dit vir jou om raakgesien te word? Hoe laat dit jou voel as jy nie raakgesien word nie?
Vraag van die dag
bottom of page
