top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 056
Johannes 7:1
Hierna het Jesus in Galilea rondgegaan. In Judea wou Hy dit nie doen nie, omdat die Jode daar Hom wou doodmaak.
In 1 Korintiërs sê Paulus dat Jesus 'n struikelblok vir die Jode is en dwaasheid vir die Grieke. Vandag nog stamp mense hulle voete teen Jesus. Vir slim mense bly Hy nog steeds 'n paradoks.
My ervaring was nog altyd dat kinders en eenvoudige mense hulleself sommer maklik oorgee aan Jesus.
Gebed
Here Jesus, aan die begin van 2022 het ek net nog meer bewondering vir u. U is en bly die krag en wysheid van God - dié antwoord vir die wêreld se probleme.
Ek kies om u te bly volg.
Help my, al dink mense wat.
Amen.
Ken jy iemand wat al sy voete stukkend gestamp het teen Jesus en Hom steeds nie wil aanvaar nie?
Bid vandag vir daardie persoon.
Vraag van die dag
bottom of page
