top of page
shepherd.jpg

Jesus verdien ons onverdeelde trou.

Leierskap Brokkie 055

Johannes 6:68-69
Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.”

Na wie anders toe kan ek gaan?
Dit is die mees retoriese vraag wat ooit gevra is.
Jesus alleen gee ewige lewe.
Jesus alleen is die Heilige Een wat van God gestuur is.
Daar is niemand, maar niemand en niks anders nie - dis Jesus en Hy alleen.

Gebed

Here, net soos Petrus, antwoord ek vandag: "Na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee".
Ons kies die lewe.
Ons kies Jesus en u alleen.
Amen.

Is daar enige ander opsie as Jesus wat jy kan kies?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page