top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 054
Johannes 6:66-67
Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?
Wow, hierdie is een van die uitdagendste vrae wat Jesus ooit aan sy dissipels kon vra: "Wil julle nie ook weggaan nie?" Dit laat my aan Josua se uitdaging dink toe hy vir die volk gevra het" Kies julle dan vandag wie julle wil dien. Maar ek en my huis, ons sal die Here dien."
Gebed
Vader, u het ons geskep om te kan kies. Here Jesus, al voel en lyk dinge vir my heeltemal te erg, kies ek vandag om u te bly volg. Help my Here om dit te kan deurvoer.
In U Naam bid ek dit. Amen.
Het jy die moed om jou kinders, klas of personeel so 'n vraag te vra soos wat Jesus gevra het?
Vraag van die dag
bottom of page
