top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 052
Johannes 6:56
Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
Hierdie Bybel vers is al deur vyande van die Christendom gebruik om ons van kannibalisme te beskuldig. Tog het Jesus se dissipels presies geweet (al was dit eers later) wat Hy bedoel toe Hy nuwe betekenis aan die Paasmaal gegee het.
Elke leier moet die vermoƫ ontwikkel om ingewikkelde konsepte op 'n eenvoudige wyse aan hulle mense oor te dra.
Gebed
Here Jesus, u het die dinge van die Koninkryk so eenvoudig oorgedra dat selfs kindertjies dit kon verstaan. Help ons om dieselfde te doen sodat ons mense sal verstaan wat ons van hulle vra.
Ek bid dit in u Naam. Amen.
Het jy die tegniek al ontwikkel om so met jou span te kommunikeer dat almal presies weet wat jy van hulle vra en verwag?
Vraag van die dag
bottom of page
