top of page
shepherd.jpg

Jesus het sy gesag van Iemand veel hoër as Hyself ontvang, dit is van God die Vader self.

Leierskap Brokkie 051

Johannes 6:38
Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

Kol. Holland-Muter, bevelvoerder van Groep 16 op Doornkloof basis, het my by geleentheid gevra om 'n bevelsvergadering met gebed te open: "want jy het mos beter Kontakte Dominee", het hy geskerts.

Ek en jy het kontak in baie hoë Kringe - tot in die Hemelse Raadsale.

Gebed

Vader, Skepper van die heelal, ek dank u dat ek direkte toegang tot u het. Dankie vir u Goddelike opdrag en aanstelling. Ek bid dat elkeen wat vandag na hierdie stemboodskap luister, sal opstaan om hulle ware plek van outoriteit in te neem.
In Jesus se Naam bid ek dit.
Amen.

Besef jy dat jy as 'n leier deur God aangestel is en dat Hy jou roep om Sy wil uit te voer?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page