top of page
shepherd.jpg

Jesus het geweet hoe om met vrywilligers te werk.

Leierskap Brokkie 050

Johannes 6:27
"Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee."

Die dissipels het Jesus vrywilliglik gevolg. Hy het hulle nie 'n salaris betaal om dit te doen nie. Hulle was gemotiveer om Hom te bly volg omdat hulle geweet het dat daar 'n baie groot beloning wag. 'n Sendeling het op 'n keer gesĂȘ: "The pay isn't much, but the reward is out of this world".

Gebed

Here Jesus, u het 'n buitengewone manier om mense te motiveer om u te volg. Leer my om dieselfde te doen en mense aan te moedig om u te volg. Ek bid dit in U Naam. Amen.

Kon jy dit al regkry om mense as vrywilligers by jou besigheid te laat werk?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page