top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 049
Johannes 6:27
"Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee."
Ek onthou die groot teleurstelling wat ons so 'n paar jaar gelede gehad het toe geld wat ons belĂȘ het deur 'n wisseling in die markte in 'n oogwink verdwyn het.
Ek is so dankbaar dat ons grootste belegging, die een wat ons by God maak, nooit weggevat kan word nie.
Gebed
Here, ek kies om my grootste belegging by u te maak. Dankie vir die ewige dividende wat u waarborg. Ek kies om te werk vir die voedsel wat nie sal vergaan nie.
Amen.
Hoe lyk jou aandele portefeulje by God?
Vraag van die dag
bottom of page
