top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 048
Johannes 6:15
"Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen."
Ek geniet dit om tussen mense te wees. Mense gee my energie. Mense tap ook energie. Alleen tyd saam met Vader gee meer as energie - dit gee krag. Dis daardie "secret place" in sy teenwoordigheid wat my tenk vol maak om voluit te kan lewe.
Gebed
Here Jesus, as u nodig gehad het om alleen te wees, dan het ek dit sekerlik ook nodig. Dankie dat ek daar met u kan ontmoet om weer nuwe krag kry om saam met u en mense te lewe. Help my om nooit bang te wees om net 'n bietjie alleen te wees nie.
Ek bid dit in U Naam. Amen.
Maak jy genoeg tyd om alleen te wees?
Vraag van die dag
bottom of page
