top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 047
Johannes 6:15
"Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen."
Jesus het presies geweet waarom Hy op aarde was, wat Vader wou hĂȘ Hy moes bereik en wanneer dit moes gebeur. Sy 1e koms was om mense van sonde te verlos. Hy kom weer en dan sal dit wees om Koning te wees.
Gebed
Vader, dankie dat u 'n duidelike plan het waarmee u werk. Ons kan om ons sien hoe dit in vervulling gaan. Ons vertrou u plan en erken dat u die beste weet. Ons sal by u plan hou en saam met u bly werk.
In Jesus se Naam bid ons dit. Amen.
Wat is God se plan vir jou gesin, jou huwelik, jou besigheid? Hou jy by die plan?
Vraag van die dag
bottom of page
