top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 046
Johannes 6:9
“Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?”
Ek het al 'n paar keer gesien hoe Jesus met 5 broodjies en 2 vissies veel meer kon doen. In 2000 het 'n gemeente in Pretoria-Noord 'n kerkgebou skuldvry ingewy. In Mosambiek het die bietjie kos en klere wat ons saamgeneem het, veel meer mense gevoed en geklee as wat veronderstel was om te gebeur.
Gebed
Here Jesus, selfs die bietjie wat ons het om te gee, is vir u genoeg. Dankie dat u dit baie kan maak. Vandag bring ek wat ek het en vra: doen daarmee wat u kan en wil doen Here. Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Hoeveel het jy om vir die Here te gee?
Vraag van die dag
bottom of page
