top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 045
Johannes 6:6
Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen.
Die beste manier om te leer swem, is om in die water te kom en te probeer. Swem kan nie aanlyn geleer word nie. Dit is dikwels nodig om jou mense net so 'n bietjie te "stretch", om hulle so 'n bietjie aan die diep kant in te gooi.
"Gee julle vir hulle iets om te eet", sê Jesus vir die dissipels toe hulle kom vra vir brood vir die skare.
Gebed
Here Jesus, dankie dat u ons saggies uitdaag om verder te gaan as voorheen. Dit leer ons om te groei. Dit leer ons om op u te bly vertrou.
Help ons om nie alles vir ons mense te doen nie. Help ons om hulle te leer soos u gedoen het.
Amen.
Doen jy alles vir jou mense, of daag jy hulle ook soms uit om iets te kan doen wat hulle nog nie voorheen gedoen het nie?
Vraag van die dag
bottom of page
