top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 043
Johannes 5:41
"“Ek is nie gesteld op die eer wat mense bewys nie."
Moses is aanvanklik deur sy eie mense verwerp, Josua en Kaleb was in die minderheid, Dawid was die jongste seun, Jeremia is in 'n put gegooi en selfs Paulus het na die heidene uitgewyk.
Leiers doen nie hulle werk om 'n gevolg en erkenning van mense te kry nie.
Gebed
Here Jesus, help ons om getrou aan u te bly al gebeur wat en al dink en sê ander mense wat hulle wil. Ek kies om te werk vir die gehoor van Een - u alleen is my hoogste eer.
Ek bid dit in die Naam van Jesus.
Amen.
Wat is jou motief om as pa, ma, besigheidseienaar, onderwyser, of watter rol jy ook al het, te werk?
Vraag van die dag
bottom of page
