top of page
shepherd.jpg

Jesus se rol en posisie word deur God se Woord bevestig.

Leierskap Brokkie 042

Johannes 5:39
"Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig."

God het my baie duidelik geroep. Dit was in 1983 toe ek Esegiël 2 en 3 gelees het. God het my broer Deon geroep toe hy Jeremia 1 gelees het. Lank voor dit, het God vir my Oupa Pieter gesê: Ek sal jou en jou kleinkinders roep om vir My te werk" - Jesaja 59:21.

Sonder 'n duidelike mandaat van God, is dit nie moontlik om God se werk te kan doen nie.

Gebed

Here, ek dank u vir u mandaat op my lewe. U het baie mense geroep om in u diens te staan.
Bo alles en almal, dank ek U vir u Seun Jesus. Ons kyk op na Hom - Hy het Homself bewys en het niemand nodig om dit te doen nie. Ons eer Hom.
Amen.

Wie of wat is jou mandaat om te doen wat jy doen?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page