top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 041
Johannes 5:33
“Maar Ek het getuienis wat nog gewigtiger is as dié van Johannes. Die werk wat die Vader My gegee het om te voltooi en waarmee Ek nou juis besig is, lê oor My getuienis af en bevestig dat die Vader My gestuur het."
Ek onthou my Oom Pieter, wat al oorlede is, het altyd gesê: "Wag eers tot iemand oorlede is en kyk wat skryf mense dan oor so 'n persoon. Dit sal wys of so 'n persoon die toets geslaag het. So iemand se boeke kan jy maar lees."
Jesus se posisie is deur die Vader, deur ander leiers, sy werke en die geskiedenis bevestig. Hy kan vertrou word.
Gebed
Here Jesus, u het die toets van die tyd deurstaan. Niks en niemand kan u posisie aantas of verander nie. Ons het volle vertroue in u. Ons aanbid u.
Amen.
Is daar enige eksterne bewyse om jou rol as leier te bevestig? Wat is dit?
Vraag van die dag
bottom of page
