top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 040
Johannes 5:23
Daarom moet almal die Seun eer net soos hulle die Vader eer. Wie nie die Seun eer nie, eer ook nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
Hoekom sukkel ons Afrikaanse mense so om erkenning te aanvaar? "Nie te dankie nie", of "ag, dit was sommer niks", is iets wat ons mos baie sĂȘ.
Beide die Vader en Jesus die Seun, aanvaar die erkenning wat aan hulle gegee word.
Gebed
Vader, ons eer U. Here Jesus, ons erken u vir wie U is.
Help ons om die dank en erkenning wat vir ons gegee word, met nederigheid so te aanvaar, dat U al die eer sal kry.
Amen.
Aanvaar jy die erkenning wat vir jou gegee word? Hoe kan jy dit doen sodat God altyd die eer sal kry?
Vraag van die dag
bottom of page
