top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 039
Johannes 5:22
Self veroordeel die Vader niemand nie, maar die oordeel het Hy geheel en al aan die Seun oorgelaat.
Ek het net 'n paar sulke mense in my lewe al ontmoet - mense met 'n "presence". Sonder 'n bulderende stem, of veel aansien, weet jy net dat die persoon outoriteit het. Hulle dwing respek af sonder om daarvoor te vra.
Gebed
Here Jesus, u alleen het absolute outoriteit. U is die Een wat die wêreld sal oordeel. Ons buig laag voor u en leef in bewondering vir u.
Amen.
Hoe sien jou werksmense, jou man/vrou of kinders dat jy iemand is met outoriteit?
Vraag van die dag
bottom of page
