top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 036
Johannes 5:15
Die Jode het toe teen Jesus te velde getrek omdat Hy dit op 'n sabbatdag gedoen het.
'n Plaasboer het die dominee gereeld 6vm gebel en gevra of hy al aan die werk is. Hy het daarmee opgehou toe die dominee hom een aand 22:00 bel toe hy tuis kom vanaf huisbesoek en vra of die boer nog besig is om te werk.
Gebed
Vader, dankie dat u nie vaste werksure het nie. Dankie dat u altyd beskikbaar is.
Amen.
Hoe kan jy as 'n leier jou tyd so bestuur dat jy nie sal uitbrand nie?
Vraag van die dag
bottom of page
