top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 031
Johannes 5:1
Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan.
Iemand het gesê: "Manage processes and lead people".
As 'n jong predikant het ek die fout gemaak om te dink dat leierskap die bestuur van mense is. Dit was 'n groot fout.
Jesus gaan Jerusalem toe, want Hy weet daar is baie mense. Daar is nood. Daar is mense wat leiding nodig het en Hy weet Hy het iets om vir hulle aan te bied.
Gebed
Here Jesus, u het so baie in ons lewens belê. Dankie dat my raakgesien het. Gebruik my om mense se lewens te beïnvloed soos wat u gedoen het.
In u Naam bid ek dit.
Amen.
Waar is die plek waar jy maksimale positiew invloed op mense kan hê?
Vraag van die dag
bottom of page
