top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 028
Johannes 4:18
En Jesus sê vir haar: “Dis reg wat jy nou gesê het: ‘Ek het nie 'n man nie.’ Jy het reeds vyf gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Jy het die waarheid gepraat.”
Die dissipels was baie verbaas toe hulle sien Jesus praat met hierdie vrou. Haar reputasie het Hom nie afgeskrik om dit te doen nie. Hy ontmoet haar waar sy is.
Gebed
Vader, dankie dat u my aanvaar soos ek is. Dankie dat u my so liefhet om my geduldig te lei en leer om meer en meer soos Jesus te word. Hier is ek Here, vorm my.
Amen.
Is daar iemand in jou gemeente, familie of op jou personeel met 'n reputasie? Doen moeite om ook met die persoon te praat.
Vraag van die dag
bottom of page
