top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 027
Johannes 4:15
Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.”
Jy kan 'n perd net tot by die water neem, maar jy kan hom nie maak drink nie.
Die waar, maar Johan Fourie hier by ons in die gemeente sê altyd: "Voer hom sout sodat hy dors kan word."
Gebed
Vader, dankie vir die sagte manier waarmee u met mense werk. U dwing niemand om iets te doen nie. Help my om mense eerder dors te maak as om water in hulle kele af te forseer. Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Wat kan jy gebruik om jou mense dors te maak?
Vraag van die dag
bottom of page
