top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 026
Johannes 4:10
Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
My Oupa Pieter het dit goed reggekry om mense se belangstelling te prikkel. Ek onthou hoe hy een Sondag vir my gevra het om 'n spaarwiel in die kerk in te rol. Hy het dadelik almal se belangstelling geprikkel.
Jesus behou hierdie vrou se aandag deur haar te laat wonder wie dit is wat met haar praat.
Gebed
Here, ek het nog so baie om van u te leer. U Woord en u self is ryk en daar is baie om te leer. Dankie dat u Heilige Gees my help om mense nuuskierig te maak om u beter te leer ken.
Amen.
Dink aan 'n paar maniere hoe jy kreatief kan wees om mense se belangstelling te prikkel.
Vraag van die dag
bottom of page
