top of page
shepherd.jpg

Leiers is in staat om 'n gemeenskaplike punt van belangstelling te vind waaroor hulle met ander mense kan praat.

Leierskap Brokkie 024

Johannes 4:9
Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?”

Ken Rout het vir ons 'n Evangelisasie kursus op Bybelskool kom aanbied - dit was 35 jaar gelede. Hy het vandag nog kontak met my, want hy het die besondere vermoë om 'n gemeenskaplike punt van belangstelling te identifiseer en met jou daaroor te praat.

Gebed

Here, dankie dat u in ons belangstel, dat u genoeg omgee om ons te ontmoet waar ons is. Help my om regtig om te gee en so in mense belang te stel, soos wat u in my belangstel.
In Jesus se Naam. Amen.

Wanneer laas het jy met een van jou personeel gesit en gesels oor hulle lewe, oor dit wat vir hulle belangrik is?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page