top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 023
Johannes 4:7
Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.”
Dis mos 'n ou Afrikaner trots om niemand iets te vra of te wys dat jy iets nodig het nie. As Jesus die Samaritaanse vrou vir water kon vra om te drink, is dit seker heeltemal aanvaarbaar om soms ook iets van iemand te vra wat minder as jy het, of hoe?
Gebed
Vader, dankie dat u soveel verantwoordelikheid vir ons as mense gee. Dankie dat u take vir ons gee en ons daarmee vertrou. Help ons om u voorbeeld te volg en mense wat vir ons werk, te vertrou.
Amen.
Uitdaging: gaan na een van jou personeellede toe en vra hulle om vir jou 'n koeldrank by die kafeteria te koop.
Vraag van die dag
bottom of page
